Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Newtons sink voorloper

Newtons sink voorloper
 
2009-07-02


NA verlede naweek se nederlaag teen Evergreens, het die afrigter van Newtons, Reggie Manuel, sy manne behoorlik uitgetrap.

Sy berisping het die gewenste uitwerking gehad op veral die agterspelers, met die gevolg dat Newton Saterdag ’n 16-12 oorwinning oor die liga-voorloper, Mamre, kon behaal.

Die manne in blou moes dié wedstryd beklink om nog ’n sê te hê in die uitslag van die kompetisie.

Die rustydtelling was 7-6 in die guns van Mamre, ná ’n drie deur die besoekers en twee strafdoele deur die nuweling-losskakel van Newtons, Reginald le Fleur.

Le Fleur is beslis ’n speler wat nog groot naam vir homself kan maak in Boland Rugby, mits hy die regte leiding ontvang.

Hy was die spil waarom Newtons se aanvalle gedraai het en was instrumenteel in albei Newtons se drieë in die tweede helfte.

In dié helfte was dit Newtons se voorspelers wat die botoon gevoer het, met veral hul kaptein, Johan Jansen, wat uitgeblink het met sy dryfspel.

Newtons se uitblinkers was Jacquin Ruthford, Junaid Ahmed (slot), Diano Barron (senter) en Devon van Wyk (heelagter).

Eerskomende Saterdag speel Newtons weg teen Pella (Atlantis).

Die bus vertrek om 11:00. Reisgeld is R40.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za