Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Riverstones neem voortou

Riverstones neem voortou
 
2009-07-02


RIVERSTONES het Saterdag groot karakter en veggees getoon toe al drie rugbyspanne die botoon gevoer het teen Vineyards Rugbyklub.

Dié oorwinning het van Riverstones weereens die voorlopers gemaak in die Paarl Streekkompetisie.

Riverstones het uiteindelik maklik geseëvier met 39-12.

’n Groot skare het dié wedstryd bygewoon, waartydens hulle trakteer is met skitterende hardlooprugby.

Reeds in die eerste paar minute het Vineyards hul rekening geopen met ’n vyfpunter.

Riverstones het egter, met sy sterk pak voorspelers, teruggeveg, met die gevolg dat Vineyards deurgaans op die agtervoet geplaas is.

Veral die sterk agtsteman van Vineyards, Uylin Claasen, het sy stempel afgedruk. Hy is ook beloon met ’n drie.

Nóg ’n speler wat uithaler-spel gelewer het, was die kaptein, Lance Benjamin, wat as ’n ware leier van sy troepe na vore getree het om met voorbeeld te lei.

Riverstones se drieë is gedruk deur Jeremy van Neel, Gershwinn Claasen, Morne Hefca en Devin Barnes.

Wilton van Neel het twee strafskoppe en drie doelskoppe oorgeklits terwyl Donovan Hougaard een doelskop deur die mikke gejaag het.

Riverstones se tweede span het op hul beurt 5-0 gewen en die derdes het 10-0 gewen.

Eerskomende Saterdag speel Riverstones teen Young Gardens op die Daljosafat-stadion.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za