Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl boor Coronations

Paarl boor Coronations
 
2009-07-02

Jaco van Wyk

SATERDAG was dit weereens eenrigtingverkeer toe Paarl Rugbyklub vir Stellenbosch Coronations ’n taai klap gegee het op die Daljosafat-sportgronde.

Terwyl Paarl se voorhoede hul opponente amper letterlik terug Stellenbosch toe geskrum het, kon die res van die span baljaar in hul 60-10 segetog, wat 10 drieë ingesluit het.

Met dié sege het Paarl ’n broodnodige vyf ligapunte ingesamel, om steeds in die titel-wedloop te bly.

Paarl se tweede span het self vyf ligapunte verdien, maar het letterlik nie eens ’n druppel sweet betaal vir dié prestasie nie.

Paarl se tweedes was skaars op die veld, of die wedstryd in afgelas aangesien die besoekers nie ’n voorry in die veld kon stoot om ’n skrum te vorm nie. Volgens die reëls is volle punte toe aan Paarl toegeken.

Paarl se derdes het 13-0 gewen teen hul eweknieë van Coronations.

Paarl se o.20 wedstryd teen Helderberg is ook afgestel, met die gevolg dat Paarl beloon is met die punte. Eerskomende Saterdag speel Paarl Rugbyklub weg teen Scottsdene.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za