Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Tiere skraap deur teen Strand

Tiere skraap deur teen Strand
 
2005-08-18


’n SUG van verligting was Saterdag hoorbaar toe Young Peoples naelskraap vir Strand in hul agterplaas 15-14 (10-7) geklop het.

Soos die telling aandui, was dit deurentyd ’n gelykopstryd.
Peoples het weer teleurstellend vertoon en baie foute gemaak, en moes op individuele spelers staatmaak om die wedstryd te wen. Van goeie samespel was daar maar min sprake.

Die sege is grotendeels te danke aan goeie spel deur Francois Manuel (agsteman), Carlo Carollissen (slot) en Jacques Lategan (vleuel).

Lategan, wat weer fiks is ná ’n besering, het sy terugkeer tot die eerste span gevier met ’n puik, deurslaggewende drie.

Hoewel sy vertoning Saterdag in die Strand nog ver van sy beste was, was sy ervaring goud werd.

Carollissen en Manuel het voorlangs die pap dik aangemaak en by tye tot drie verdedigers besig gehou.

Die senter, Kurt Martin, het Peoples se ander drie gedruk terwyl haker Andrew Victor ’n doel- en strafskop bygevoeg het.

Die ander spanlede sal nou hul kant moet begin bring as Peoples sy bekerdrome wil lewendig hou.

Primrose is tans die voorloper in Divisie 1 met 51 punte.
Tweede lê Valsbaai (48), gevolg deur Peoples (44), Albions (43) en Paarl (28). Die ander plaaslike span in dié liga, Franschhoek, lê negende (tweede laaste) met 18 punte.

Peoples speel Saterdag weg teen Silvertree, wat laaste om die punteleer lê, en die Paarliete behoort hier nog minstens vier punte te kan inpalm. Die bus vertrek om 11:00.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za