Dwelms
2009-07-09
OM dwelmmisbruik te bekamp, gaan die polisie van Groot Drakenstein, in samewerking met ’n plaaslike maatskaplike werker, ’n dwelm- en alkoholbewusmakingsveldtog loods in Lanquedoc-woongebied op Donderdag 16 Julie. Die veldtog sal afskop met ’n optog deur die strate asook ’n program in die gemeenskapsaal. Belangstellendes word uitgenooi om die geleentheid by te woon. Vir navrae, kontak konst Rionel Uithaler by 021-874-8000.
More
News
|