Skrootdiewe slaan toe
2009-07-09
BOERE in die Klapmuts-omgewing loop tans erg deur onder skrootdiewe. Die afgelope naweek alleen is drie dompelpompe ter waarde van duisende rande vanuit boorgate gesteel. Enige elektriese toestel word ook geteiken, soos die bedrading van pompe. Behalwe die skroot wat gesteel word, word derduisende rande se skade aangerig in die proses. ’n Woordvoerder van die polisie het gewaarsku dat diegene wat betrap word in die besit van enige gesteelde goedere, vervolg sal word. Handelaars wat hierdie goedere koop, is ook net so skuldig aan die misdryf soos die dief self. Enigiemand wat kennis dra van sulke ongerymdhede in die Klapmuts-gebied, kan vir insp Carl Loesch skakel by 021-875-8000.
More
News
|