Pad-woede ruk Paarl
2009-07-09
GERUGTE het die afgelope week per epos die ronde gedoen oor ’n man wat glo in Oosboschstraat in die Paarl gekaap is. Die ware storie is egter heel anders, alhoewel die bloed wél gevloei het. ’n Werknemer van Talisman Tool Hire in Oos-Boschstraat het Maandagmiddag vanaf sy werk by Oosboschstraat ingedraai by die verkeerslig op die hoek van Stokeryweg. Die verkeerslig by Stokeryweg was rooi vir verkeer in Oosboschstraat, maar toe hy wou ry, het ’n wit Audi versuim om by die rooi verkeerslig te stop. “Ek het vir hom gewys dat die lig vir hom rooi is,” vertel Helmand Hanekom. Maar dit is oënskynlik waar hy die fout gemaak het. Hanekom het verder gery en by Westhovenstraat ingedraai, toe dieselfde motoris voor hom intrek en baie stadig ry terwyl hy aanmekaar rem getrap het. “Skielik het die man sy voertuig in die middel van pad gestop en vir my kom vra wat my storie is. “Voordat ek eers kon verduidelik begin hy vir my te slaan.” En net so vinnig as wat die man begin slaan het, so vinnig het hy terug in sy motor geklim en weggejaag. Die polisie was vinnig op die toneel en Hanekom het darem tydens die voorval kop gehou, en kon sy aanvaller se registrasie- nommer vir hulle gee. ’n Saak van aanranding word ondersoek teen die bestuurder van die Audi, met die nommerplaat CN14241.
More
News
|