Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Meer jong atlete in Boland Landloop-span

Meer jong atlete in Boland Landloop-span
 
2005-08-18


BOLAND ATLETIEK het na afloop van Saterdag se Boland Landloopkampioenskap ’n span van 53 lede (48 atlete en vyf bestuurslede) gekies wat dié provinsie by die SA kampioenskappe in Bloemfontein sal verteenwoordig.

Die span vertrek reeds op Donderdag 15 September om die atlete kans te gee om te akklimatiseer voor die byeenkoms die Saterdag by die Universiteit Vrystaat.

Volgens Richard Stander, uitvoerende hoof van Boland Atletiek, het die Boland-keurders hoofsaaklik gefokus op die kies van jeug en junior atlete.

Dié span sal die kern vorm van die voorlopige span wat in voorbereiding is vir die 2006 Baan en Veld Seisoen.

Boland het die afgelope paar jaar verskeie internasionale atlete opgelewer.

Atlete soos Natan Beukes, Garrith Maarman en Dwayne Mouries het hul land onlangs by die Internasionale Association of Athletics Federations (IAAF) se Wêreld Jeug- en Juniorkampioenskappe verteenwoordig.

“Om atlete soos dié egter beter te kan voorberei vir senior atletiek, moet ’n meer mededingende basis vir hulle geskep word.

“Dit is om dié rede dat Boland Atletiek besluit het om sy beperkte fondse te fokus op die voorbereiding van jeug- en junior atlete wat die vermoë het om teen ’n pas te hardloop wat hulle internasionaal kompeterend sal maak,” verduidelik Stander.

Die Boland Landloopspan sal ook die kern vorm van die span wat gekies sal word vir die SA 10km Kampioenskappe wat einde Oktober in Durban gehou word.

Die atlete se prestasies by die SA’s sal dus baie fyn deur die Boland keurders dopgehou word.

Die keurders sal ook prestasies by die tradisionele Talent-Identifiseringsbyeenkomste in Oktober in ag neem voordat ’n finale groep atlete gekies sal word wat deur Boland Atletiek voorberei sal word vir volgende jaar se Baan- en Veldkampioenskappe.

Plaaslike atlete wat in die Boland Landloopspan in gesluit is, is Antonio May (Klein Nederburg), Henrico Rooi (New Orleans), Pieter Cloete (Wellington Youth Centre), Imke Kriel (La Rochelle), Karin Levack (Weltevrede), Godwill Blou (Weltevrede), Adriaan Julies (Paulus Joubert), Melissa Rossouw (La Rochelle), Elizabeth Louw (La Rochelle), Nathan Beukes (Maties AK), Lenton Kalase (Paarl AK), Nkosana Mponeng en Willmore Benn (albei van Wellington AK).



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za