Kuier saam met Iets uit Niets
2009-07-09
OP Saterdag 11 Julie om 10:00 kan die kleinspan uitsien na die produksie Iets uit Niets by die Ou Meul-teater, Paarl. Dit vertel hoe Nikki se probleme met Gritsel, wat aanhoudend rommel in die straat strooi, haar telkens in die moeilikheid laat beland by haar tannie, Frau Reinenschön! Die iets-uit-niets-feetjie kom uiteindelik tot almal se redding en herstel die vrede in die buurt! Kom geniet die oggend saam met jou kind by die Ou Meul-teater. Die regisseur is Waldemar Schultz, met Stephanie Badenhorst, Simone Biscombe, Clinton Brown en Raymond Randall. Kaartjies vir die produksie is R35. Bespreek by Vicky Stemmet by 083-564-0056 of by vstemmet@gmail.com.
More
News
|