Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Beelde geskep uit afvalmateriaal

Beelde geskep uit afvalmateriaal
 
2009-07-09

Jaco van Wyk

’n UITSTALLING van beelde deur Marinda du Toit word hierdie week in die Breytenbach-sentrum op Wellington vertoon.

Agenda bestaan uit 13 beelde wat elkeen uit afvalmateriaal opgebou is, maar nie sommer net gegryp en aanmekaar geplak nie.

Elke stukkende pot en elke flenterlepel en -vurk is slim en funksioneel gebruik om dertien mense te skep wat ewe waardig om ’n lang tafel na hul voorsitter sit en luister.

Die mense om die tafel is duidelik belangrike mense, in alle waarskynlikheid die sakelui van ’n klein plattelandse dorpie.

Die bekroonde animasie-vervaardigers, Fopspeen, het ’n kort speelfilm van Du Toit se Agenda-uitstalling gemaak wat ook by die uitstalling te sien is.

Die speelfilm is reeds wêreldwyd vertoon en is onlangs in Skotland as die beste speelfilm vir 2008 uit Afrika bekroon.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za