EK verwys na die berig “RDP houses are leaking in Mbekweni.” Nie net huise in Mbekweni val uitmekaar na vier of twee jaar nie. Kom kyk na die nuwe huise in die nuwe gebied aan Groenheuwel genaamd Beverly Hills. Hulle val uitmekaar.
Die huise word so vinnig gebou en ná net een jaar kraak die binnemure en die dak lek sodat die reënwater teen die kragpype binne afloop.
Nou met die winterreën swel die deure en ’n mens kan net hoor hoe die mense teen hul deure skop en trap om uit te kom of om dit toe te maak.
Ek stem volkome saam met May Carolissen, die woordvoerder van die munisipaliteit, dat die huise met “defective materials” gebou was (of nog gebou word).
Maar dan verskil ek weer met haar oor wie die huise moet herstel. Sy sê “The Municipality cannot repair the roofs as we were not the provider of the material.”
Na my mening moet die Raad iemand aanstel om die huise te gaan inspekteer alvorens die huis aan ’n eienaar oorhandig word. Gaan kyk veral in Bright- en Monicastraat.