Verhoogde tariewe
2009-07-09
OPREGTE dank aan die DA dat hulle die Munisipaliteit oor hulle onaanvaarbare en onwettige optrede voor die hof daag. Om in ’n tyd van ’n wêreldwye resessie jou inwoners met onaanvaarbare verhogings te konfronteer, is verkeerd. Munisipale salarisse styg voortdurend, terwyl diens daagliks agteruitgaan. Dalk moet ons die ANC se voorbeeld volg en betalings begin boikot. Wanneer gaan die belastingbetalers van die Paarl sê genoeg is genoeg en iets daaraan doen? Belastingbetaler
More
News
|