Kavaliers pak WP op Wellington
2005-08-18
RUGBYENTOESIASTE kan Saterdag uitsien na ’n opwindende wedstryd wanneer die Boland Kavaliers en WP mekaar op Wellington pak in albei spanne se eerste wedstryd van die Curriebeker se Top 8-afdeling.
Die Kavaliers en WP het in 2002 die laaste Curriebeker kragmeting was in 2002, maar die laaste keer wat die twee mekaar die stryd in die Boland aangesê het, was in 1999.
Die Boland kon slegs by twee geleenthede die WP in die Curriebeker-kompetisie klop - in 1952 (5-0) en weer in 1998 (39-25). Ten tye van die laaste sege was die Bolanders onder die afrigting van Mike Bayly en Jerome Paarwater wat deesdae by onderskeidelik by die Blou Bulle en WP afrig.
“Die Boland is baie trots op sy prestasies die afgelope drie jaar, met die Vodacombeker en ABSA beker en nou in die Top 8 van die Curriebeker,” se Boland se uitvoerende hoof, Piet Bergh.
“Met 80% van die Kavaliers wat al drie jaar of langer speel en met meer as 70% van die spelers wat deur die Boland ontwikkelingstrukture kom, is dit ’n bewys dat die Boland ’n krag is en dat ons iets reg doen.
“Daarby kom al ons afrigters ook deur die strukture,” het Bergh bygevoeg.
Die Drie Nasies-toets tussen die Springbokke en Australie sal ook by die stadion uitgesaai word.
* Die Boland-span is Renfred Dazel, Rayno Benjamin, Piet van Zyl, Jacques Badenhorst, Jongi Nokwe, Antonius Verhoeven, Charl Blom, Francois Prinsloo, Kobus le Roux, Angelo Brinkhuys, Henk Eksteen, David de Villiers, Tommy Dixon, Conrad Burke (k) en Jaco Engels. Die Boland/WP wedstryd skop om 15:00 af en kaartjies is vooraf beskikbaar by alle Shoprite/Checkers takke. Pawiljoensitplek-kaartjies kos R40, toegang is R20 en R5 vir kinders.
More
News
|