Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Cycle 700 trap teen fetale alkoholsindroom

Cycle 700 trap teen fetale alkoholsindroom
 
2009-07-09


SEWE dae op die saal van ’n bergfiets in die hartjie van die winter vanaf Knysna na Kaapstad is wat 20 lede van die City Cycling Club gaan doen om ’n verskil te maak in kinders met fetale alkoholsindroom se lewens.

Die groep het op 5 Julie vertrek vanaf Knysna en beplan om op 10 Julie via Wellington in Kaapstad aan te kom. Elke dag word daar vir gemiddeld 108km fiets gery om die roete van 700km te voltooi.

Fetale Alkoholsindroom is die grootste enkele oorsaak van verstandelike vertraging in die wêreld, maar ook die mees voorkombare. Fetale Alkoholsindroom word veroorsaak deur die swanger vrou wat alkohol gedurende swangerskap gebruik. Die alkohol kan enige orgaan van die ongebore baba beskadig, maar die vinnig-ontwikkelende brein is veral baie weerbaar.

Die Beyers Truter Fetal Alcohol Syndrome and Interrelated Treatment Help Fund (FAITH FUND) is ’n seksie 21 organisasie wat beoog om dié probleem trompop te loop. Suid-Afrika het tans die hoogste gerapporteerde syfer van Fetale Alkoholsindroom in die wêreld. Indien jy ’n verskil wil maak, raak betrokke en besoek www.faithfund.co.za en maak ’n donasie.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za