Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Belowende fietsryer skotvry

Belowende fietsryer skotvry
 
2009-07-09


’n VEERTIENJARIGE fietsryer van die Paarl, Bradwin Daniels, het loshande sy onskuld bewys in ’n val-voorval wat vroeër vanjaar, oor Paasnaweek, plaasgevind het tydens die Suid-Afrikaanse Baankampioenskappe in Bellville.

Dié voorval het plaasgevind tydens die 80-ronde puntewedren (o.16-afdeling) waartydens Bradwin veronderstel was om die silwer medalje te ontvang.

Bradwin se verskyning voor prokureurs - wat aangewys is deur Fietsry Suid-Afrika - het die beslissing gevel dat hy onskuldig is.

Die beslissing is gemaak op grond van ’n video-opname van die wedren wat deur Fietsry SA beskikbaar gestel is.

Volgens Bradwin se pa, Peter Daniels (bestuurslid van Fietsry SA en nasionale keurder), voel hy gegrief dat so ’n onreg sy kind aangedoen is.

“Dit is ’n skande dat Bradwin gediskwalifiseer was op ’n beslissing wat gemaak was op grond van ’n video wat uit-en-uit sy onskuld bewys het,” meen Peter.

Volgens hom is sommige beamptes, en veral skeidsregters, nie konsekwent met hul beslissings nie.

“Die ironie is dat die twee betrokke skeidsregters, Craig Hawtrey en Dennis Human, week na week by padwedrenne is, waar daar al heelwat valle plaasgevind het en geen stappe geloods is nie.”

Peter is van mening dat ’n 14-jarige ryer, wat nog in die begin-stadium van sy loopbaan is, nou al die trauma moet deurmaak, terwyl daar die afgelope 20 jaar nooit sulke optrede was in soortgelyke gevalle waar daar geharde senior ryers betrokke was nie.

“Een van die betrokke skeidsregters, Hawtrey, het reeds drie keer in 2009 vir Bradwin gediskwalifiseer ná gevalle waar ek as pa steeds glo in my seun se onskuld,” voeg Peter by.

Nou, nadat Bradwin se onskuld bewys is, word daar egter steeds gestoei of Bradwin sy o.16 kleure gaan kry.

Die ander ryer wat in die val-voorval betrokke was, Delvin White van Gauteng, het ook skotvry weggekom ná hy vir Bradwin aangerand het ná afloop van die wedren.

Die rede daarvoor is dat Fietsry SA nie binne 14 dae - volgens die Internasionale Fietsry Federasie se reëls - die klagte ingedien het nie.

Fietsry SA het die klagte betyds ontvang vanaf die baankommissie, sowel as vanaf Bradwin, maar het versuim om die klagte binne 14 dae aan die prokureurs voor te lê.

Volgens Peter, wat as pa vir sy kind optree en nie as bestuurslid vir fietsry SA nie, is dit “regtig tragies dat jou kind aangerand word voor al die toeskouers, en dan vry kom op grond van ’n fout wat gemaak word deur ’n liggaam wat veronderstel is om al die reëls te ken”.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za