* SPORT DAGBOEK
KAVALIERS
Die Boland Kavaliers speel môre, om 15:30, in hul eerste Curriebeker-wedstryd van die seisoen teen die Luiperds op Boland-stadion.
KLUBRUGBY
* (Vrydag:) Paarl Rugbyklub vs Hamlets (Faurestraat-stadion); Rangers vs Young Peoples op Daljosafat-stadion (vriendskaplik).
* (Saterdag:) Riverstones vs Young Standards (Daljosafat Stadion); Vineyards vs Laer Paarl (Daljosafat A); Young Gardens vs Violets (Gardens Park); Allandale vs Pêrel United (Drakenstein Gevangenis); Simondium vs Windmeul United (Simondium); Albions vs Langunya (weg); Roses United vs Worcester Villagers (Pelikaanpark).
SKOLERUGBY
* Die o.16 Grant Khomo- week vind tans plaas (6 tot 9 Julie) in Riversdal.
* Die o.18 Cravenweek vind vanaf 13-18 Julie plaas in Oos-Londen.
OLD BOYS ACTION SPORT
Vanjaar loods die Paarl Old Boys Classic (POBC) hul Interskole Aksiesport tussen die oud-studente van HJS en Gim. Dit behels drie sportdissiplines - sokker, netbal en krieket en vind plaas in die Paarl Action Sports Arena op Maandag 27 Julie.
Die sokker en netbal begin om 19:00 met die krieket daarna.
Daar is ’n klein kafee op die perseel en worsbroodjies gaan ook te koop wees.
Almal (insluitend kinders) is baie welkom om die verskeie spanne te kom ondersteun.
Vir navrae kan K Willemse (Gim) 083-635-4767 en C Burger (HJS) 082-552-3975 gekontak word. Die Arena se nommer is 021-838-0615.
KRIEKET
Bergrivier Krieketklub nooi alle spelers en lede na ’n algemene vergadering op Maandag 13 Julie by die klubhuis om 19:30.
* SPORT TELBORD
WEDVLUGDUIWE
* Wellington Posduifklub (Beaufort- Wes): (1,7,10) C du Toit; (2) GC Steenkamp; (3) J Koen; (4,5) B Wiggins; (6) H Lochner; (8) M Botes; (9) B Geldenhuys.
GHOLF
* Bergrivier Gholfklub (Maandelikse Houespel): 1. R Meyer (63); 2. A Claassen (65); 3. C Nkomotse (66); 4. C Philander (69); 5. A Hendrickse (70).
KANO’S
Paarl Kanoklub Tydtoets (K1 Kano, 10km): Heinrich Schloms 00:43:38; PW Basson 00:43:40; Chrisjan Coetzee 00:45:59; Mynhardt Marais 00:46:00; Herbert Conradie 00:48:18; Hanno Mouton 00:48:20; Burger Coetzee 00:48:22; Emile Minnaar 00:52:08; Niklas Tiras 00:52:09; Attie van Wijk 00:52:10; Francis Steyn snr 00:55:30; Michael Yeats 00:56:45; Francis Steyn jnr 00:57:41; She-Earl de Wee 00:57:50; Conrad Schutte 00:58:27.
SKOLERUGBY
Kaapland-skolerugbytoernooi (Nuweland): Gim het afgereken met Selborne Kollege (18-14), Muir (69-9) en Grey PE (14-3). Hoër Landbouskool Boland het te staan gekom teen Dale Kollege (wen 30-18), Queen’s (wen 22-5) en Selborne (verloor 16-25).