Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Drakenstein se dames kwes Young Brothers

Drakenstein se dames kwes Young Brothers
 
2009-07-09


DIE vroue-rugbyspan van die Drakenstein het Saterdag hul diepte onderstreep toe hulle, sonder hul WP-spelers, afgereken het met die vroue-rugbyspan van Young Brothers.

Die Drakies het 41-15 geseëvier.

Die Drakies se senters het agterlangs gewys dat staal geen dikte benodig nie en indien jou kommunikasie agterlangs reg is, gaan jou opponente maar sukkel om ’n gaping te slaan.

Die Drakies se hegte verdediging het ook daartoe bygedra dat omgekeerde balbesit in drieë omskep kon word, met die Paarliete se vleuels wat elk twee drieë ingepalm het.

Die kersie op die koek was die drie wat die losskakel Loukrisa ‘Kika’ Jacobs gedruk het - ’n speler wat stip dopgehou moet word deur die WP-keurders.

Die Drakies se spelers is egter nog jonk en in die toekoms gaan hulle net verbeter.

Theresa Ruiters (2 drieë), Areesa Grain (2 drieë), Rowena ‘Speedi’ Carolissen (2 drieë) en Loukrisa Jacobs het die drieë behaal, met Theresa Ruiters wat drie doelskoppe aangeteken het.

Creschekay Quinn was die speler van die wedstryd.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za