Roses, Newtons ewe sterk in Aster-toernooi
2005-03-17
DIE 12-12 uitslag in die eindstryd van Newtons se Astertoernooi getuig van die harde spel wat vanjaar opgedis is.
Roses United wat oor die jare heen die toernooi oorheers het, is Saterdag van ’n soveelste sege ontneem deur die ewe goeie spel van die gasheerklub.
Roses het rustyd 12-0 voorgeloop nadat losskakel, Danie Roman, en Deon Williams (vleuel) gedruk en Roman ook verdoel het.
Newtons het egter in die tweede helfte wakker geskrik. Losskakel Reggie Manuel, en agsteman, Hendrik Mars, druk drieë met Roderick Claasen (skrumskakel) wat met 'n doelskop slaag.
More
News
|