CURTLEY DAVIDS het Saterdag met ’n strafskop-poging van sowat 40 meter geslaag om aan Albions ’n 19-17 oorwinning te besorg oor Northerns.
’n Kenmerk van Albions se spel was hul vermoë om as ’n eenheid te speel. Sodoende was die Paarliete deurgaans op die voorvoet, ondanks verskeie beserings op kritieke tye van die wedstryd.
Albions se puntemakers was Warron Pheiffer (1 drie) en Davids (1 doelskop, 2 skepdoele en 2 strafdoele).
Albions se tweede span het 10-38 verloor. Die derde span is egter steeds onoorwonne na hul sege van 12-3.
Albions speel Saterdag weg teen die span van Languya.
Die bus vertrek 11:00 vanaf Simfonielaan 189.