DIE afgelope Suid-Afrikaanse nasionale drummies kampioenskappe in Bloemfontein het weereens gewys dat baie harde werk beloon sal word. Ek as ouer is baie trots op ons dogters want dit was een van William Lloyd drummies se mees suksesvolle toernooie.
Die senior span het vir die eerste keer in die geskiedenis tot ’n finaal deurgedring, ’n fantastiese prestasie.
Ons leidsters insluitend Mavine Paulse (senior leidster) het baie komplimente gekry.
Ons is baie dank aan die spanne se afrigters, Adrienne Thomas en Tracey-Lee Bothma, verskuldig.
Geluk ook aan Paarl Drummies, Hillcrest, Ebenezer en Wellington seniors vir julle goeie prestasies by die toernooi.André Kearns