Waar is Flip nou?
2009-07-16
Ek het ’n vriend gehad wat jare terug, seker 1987 en voor dit, in Premierstraat in Noorder-Paarl gebly het. Ons was saam in die weermag in Zeerust 2SDB en hy het by die polisie in Pretoria aangesluit na ons uitgeklaar het. Ek het kontak met hom verloor en kon hom nie weer opspoor nie. Sy name is Phillip (Flip) Ernst Tredoux en hy moet nou omtrent so 40 jaar oud wees. Hy het by sy swaer Frans en sy sus gebly. Hy het ook ’n jonger suster, Adri. Indien enigiemand weet waar hy hom bevind, moet hulle asb vir my bel by 011- 955-4690 (w) of 011-692-3907 (h) of 082-486-4238 (sel). Morné Jooste
More
News
|