EK verwys na die brief van Moeketsi Mphulanyama, “Front page pic a shocker” in die Paarl Post van 2 Julie.
Ek kan nie glo hy verwyt nog apartheid na soveel jaar nie.
Eerstens: Die geweer op die voorblad is ’n foto, nie ’n werklike geweer nie. Tweedens: Ek wil net daarop wys dat wit boere deesdae gereeld afgemaai word in ons land.
Ek kan aanhou met verskeie oordrewe verwysings in sy brief, maar gaan nie my tyd mors nie, want mens trek die skoen aan soos dit jou pas. Trotse Suid-Afrikaner