Swak diens van Departement Arbeid
2009-07-16
EK is op 4 November verlede jaar deur die eienaar meegedeel dat die firma waar ek werk, toemaak. Ek het op 10 November die nodige vorms en papiere na die UIF kantore in Paarl geneem. Daar is aan my gesê dat dit ongeveer agt weke sal neem vir goedkeuring, waartydens ek elke maand by die Gemeenskapsaal moes teken. Die datums waarop ek geteken het, was 5/1/09, 2/2/09, 2/3/09, 29/4/09, 27/5/09 en 24/6/09. Op 25 Februarie is ek deur departement geskakel en meegedeel dat die datum van die eerste vorm nie geldig is nie, want ek het nog salaris gekry tot einde November. Op 26 Februarie is ek terug na departement waar me Riffel weer vorms ingevul het met die datum van 26 Februarie. Ek het aan haar gesê die datum moet dateer Desember 2008, waarna sy vir my gesê het dit sal so wees. Ek het in Maart ’n brief gekry wat my meegedeel het dat my UIF goedgekeur is vanaf 26 Februarie. Ek is terug na hulle toe om te hoor wat dan van die ander drie maande voor Februarie. Daar is aan my gesê dat die lêer in Kaapstad is en dat ek maar geduldig moet wees. Ek het op 16 Maart weer begin werk, maar ek voel dat ek vir die tyd wat ek sonder werk was en baie verloor het, vergoed moet word. Daar was ’n bedrag van R19 925 goedgekeur, wat gaan van daardie geld word? Dit help nie jy skakel die kantoor nie, want niemand antwoord die telefoon nie of hulle sit dit net neer. Ek het op 12 Junie ’n bedrag van slegs R1 640 gekry en volgens hulle is dit alles oor ’n verkeerde datum! Margo Rankin Aziza Leitch, head of the Paarl Labour Office, replies: Thank you Paarl Post for “holding hands and walking the road” with us. Unfortunately Paarl Labour Centre does not have the authority to backdate claims. After receipt of this request, a call was logged on Friday 3 July, by our Provincial Office Western Cape, to Head Office in Pretoria. A request was made to Head Office to backdate the claim. If outstanding moneys are due to the client, Provincial Office Western Cape will capture such payment as soon as Head Office Pretoria grants the request. Paarl Office is not in a position to indicate exactly when payment will be made but follow up by phone on an hourly basis. We have been informed that the money was paid over to Ms Rankin on Friday.
More
News
|