Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wiele onregverdig geklamp

Wiele onregverdig geklamp
 
2009-07-16


Ek het onlangs op Van der Lingenplein in die Paarl geparkeer, en toe ek by ’n kuierplek uitkom half agt die Saterdagaand, was my wiele geklamp.

Ek was baie ontstoke, omdat ek ’n jaar gelede op dieselfde plek geparkeer het, en daar was geen probleem nie.

Daar is aan my verduidelik dat die staanplek voor die parkeerbeheerkantoor nou vir die polisie gereserveer is, maar ek het die bordjie nie raakgesien nie.

Ek het geweier om die boete van R200 te betaal en dit het in ’n lelike rusie ontaard en die eienaar van die kuierplek moes ingryp.

Ek wil aanbeveel dat daar duidelik met wit verf op die betrokke staanplek se oppervlak aangedui word dat dit gereserveer is vir die polisie.

Ook die verf op die staanplekke vir gestremdes is dofgeel en onduidelik en kort wit verf.

Dis verkeerd om die publiek tot misdadigers te maak oor ’n parkeerplek wat nie na ure gebruik word nie.

Ontstoke




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za