* Alleenlopers. Bernie Hermanus, die singende bloemis, hou Vrydag vanaf 19:00 ’n sop- en wyn-aand vir alleenlopers bo 30 jaar oud. Die geselligheid word gehou by die Cotton’s Corner B&B, Richmondlaan 9, Paarl. Vir meer inligting, kontak Bernie by 078-391-2243.
* Comedian. Popular Afrikaans comedian and entertainer Nico Nel joins the Goatshed team on Fairview for an evening of great food, fine wine and plenty of laughs. Wines from Fairview’s award-winning range will be paired with traditional dishes and South African favourites prepared by the Goat-shed chefs on Friday 7 August from 19:00. For reservations, contact The Goatshed directly on 021-863-3609 or visit www.fairview.co.za for more information.
* Vrouedag. Die Stellenbosch Museum vier Vrouedag met ’n oggendfunksie op Saterdag 8 Augustus om 10:00. Die tema is ’n Doelgerigte Lewe en die spreker is Elna Boesak. Randall Wicomb sal as gaskunstenaar optree en die gehoor vermaak met sy musiek. Kaartjies is R80 en sluit ’n vingerete met vonkelwyn, sap en tee in en ’n toer deur die Dorpmuseum. Vir meer inligting of besprekings skakel, Debbie Gabriels of Esmé Adriaanse by 021-887-2937.
* Reünie. Die La Rochelle matriekklas van 1989 hou op Vrydag 25 September by die skool in die Paarl hul reünie. Almal wat in die klas van 1989 was, word uitgenooi om die aand daar te geniet. Kontak Sonette by 073-421-7093 of e-pos haar by sonetteh@discovery.co.za. Stuur ook kontakbesonderhede van enigiemand van 1989 wat jy mag hê.