DIE Lighuis gemeente in die Paarl bied ’n spesiale diens aan op Sondag 26 Julie by Charleston Hill Senior Sekondêre Skool om 17:00.
Gewese tikverslaafdes wat tot bekering gekom het sal by die geleentheid hul getuienisse lewer en daar sal ook geestelike danse wees.
Op Saterdag 25 Julie om 10:30 hou dié gemeente ’n optog vanaf Food-O-Rama en almal is welkom om aan die optog deel te neem.
Vir navrae, kontak Pastoor Vernon Jacobs by 083-766-7495.