DIE aandklasse van die Simondium Volwasse-onderwyssentrum skop weer eersdaags af vir die tweede semester.
Mense wat belang stel in matriekvakke, geletterdheidsklasse (Abet) of bestuurderslisensieklasse, moet Maandag 20 Julie om 19:00 by die Simondium Primêre Skool aanmeld om te registreer.
Vir navrae, kontak Jeremy van Wyk by 021-436-6393 of 021-862-3821.