’n DEPRESSIE- en angsondersteuningsgroep vergader Maandag 20 Julie om 19:00 in die lesinglokaal van Sereno Kliniek, geleë op die eerste vloer van die Optenhosp-gebou, op die hoek van Berlyn- en Optenhorststraat Paarl.
Die doel van die groep is om ondersteuning te bied aan persone van alle ouderdomsgroepe wat depressie en angs ervaar, persone in hul herstelfase en gesinslede wat ondersteuning bied.
Die onderwerp van bespreking vir hierdie byeenkoms is die impak van psigologiese binding tussen gewese egmaats in die hantering van die na-egskeidingsfase.
Die ondersteuningsgroep word gefasiliteer deur Christo Visser en Mientie Kroukamp. Vir meer besonderhede, skakel 021-872-7324 of 021-870-1186.