Gimmie gekroon as WP Houespelkampioen
2009-07-16
DIE Gimmie, Gideon van der Vyver (15), was verlede Donderdag gekroon as die WP Junior Houespelkampioen vir 2009 (A divisie). Die kompetisie het plaasgevind by Somerset-Wes gholfbaan in uiters winderige toestande. Gideon se wentelling was 72 en 69 (141) - ses houe beter as sy naaste teenstander. Jacques Cilliers van HJS was 2de met 147.
More
News
|