Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Interskole hitte smelt Boland koue

Interskole hitte smelt Boland koue
 
2009-07-16

Lincoln van der Westhuizen

INTERSKOLE en “derby” word allerweë beskou as die grootste sportgebeurtenisse op skole se kalenders.

Duisende word jaarliks na plaaslike skole gelok as gevolg van dié bedrywighede, maar sommige mense meen dit plaas te veel druk op die deelnemers, veral die spelers in die eerste rugbyspan.

Anja Kramer, ’n leerling van La Rochelle Meisieskool, en haar vriendin, Chanel Carstens van Hoër Meisieskool Paarl, geniet die atmosfeer: “Nee, die gees is ongelooflik en ons geniet die hele gebeurtenis.”

Gimmie Joshua de Villiers, stem hiermee saam: “Ja die ‘gees’ is lekker en ek dink nie daar is baie druk op spelers nie. Ek dink nie daar moet daarmee ingemeng word nie.”

Hugenoter Carl-Michael Solomons (graad 11) glo egter dat interskole ’n negatiewe effek kan hê: “Sekere skole plaas meer druk op hul leerders as ander.

Waardevolle akademiese tyd gaan ook verlore omdat daar vooraf so hard geoefen word vir die dag wat op die pawiljoen deurgebring word.”

Van die kommersiële aspekte van interskole het al sekere ouers laat kriewelrig voel.

’n Leerling van Labori Hoërskool, Neil van Blerk (graad11), sê: “Ek hou van die gees en van die atmosfeer. Die koste van die hele ding is ’n bietjie steurend, maar dit neem niks weg van die wedstryde nie.”

Mitchell Messina, matriekleerling van Hoër Jongenskool, voel die geleentheid is belangrik vir gemeenskapsbou: “Vir my gaan dit oor die tradisie en die fanatiese ondersteuning van almal betrokke.

“Die hele dorp kom bymekaar en dis belangrik vir die gemeenskap.”

Die derby tussen Klein Nederburg en New Orleans Sekondêr lok ook groot getalle.

Samantha Williams ’n matrikulant van Klein Nederburg Sekondêre Skool, geniet die opbou na die groot kragmeting: “Die orkes, die pom-pom meisies skep ’n ongelooflike atmosfeer. Dis die tradisies agter die derby wat dit so opwindend maak.”

Fabio Fouche (graad 8) sê dat dié tradisionele kragmeting ’n groot impak op sy lewe het: “Van kleins af ondersteun ek al die derby, soveel so dat ek besluit het om na New Orleans toe te gaan as gevolg van die derby.”

Vir Charleston Hill Sekondêr en Wellington Hoër is dit die eerste keer dat hierdie twee skole mekaar vanjaar die stryd gaan aansê in ’n derby.

Wayde Rossouw, graad 12 leerder van Charleston Hill Sekondêr, sien baie uit na die geleentheid: “Ek is baie bly dat ons nie oor die berg hoef te gaan om ’n teenstander te kry nie.

“Hierdie jaar speel ons teen ’n nuwe span en is daar nuwe uitdagings. Die derby-atmosfeer is so opwindend dit gee ’n mens sommer ‘hoenderpuisies’.”

Die groot dag bied leerders ’n kans om vir ’n oomblik die aandag van die hele gemeenskap op hulle te hê, iets wat hulle dalk nooit weer sal ervaar nie. Leerlinge oefen heel jaar vir hul groot dag en verdien elke pluimpie wat hulle toekom.

Ons moet egter nie vergeet dat dit nog steeds kinders is wat deelneem nie en dat goeie sportmangees die bo-toon moet voer.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za