Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bied ’n kleurvolle 'Cuppa' vir Kansa en besoek Kenia

Bied ’n kleurvolle 'Cuppa' vir Kansa en besoek Kenia
 
2009-07-16


EET gesonde kos om kanker te bestry en ondersteun Kansa se ‘Cuppa for CANSA’ veldtog, is die boodskap van die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) vir 2009.

Kansa moedig ondersteuners aan om gedurende Augustus of ’n datum van jou keuse, deel te neem aan ‘Cuppa’ funksies by hulle, of om gasheer/vrou te wees vir ’n Kansa ‘Cuppa’ funksie by jou huis, klub, skool, Bybelstudiegroep, verenigings, kerkgroepe of werkplek. Fondse wat met vanjaar se ‘Cuppa’ funksies vir Kansa ingesamel word, sal vir pasiëntversorgingsdienste in jou omgewing aangewend word.

Pryse sal uitgeloof word aan die ‘Cuppa’ aanbieders wat die meeste geld insamel. Die nasionale eerste prys vir die gasheer/vrou wat die meeste geld met een enkele ‘Cuppa’ funksie maak, is ’n toer vir twee na die Serena Beach Hotel and Spa in Mombasa, Kenia, insluitende twee retoervlugte tussen Johannesburg en Mombasa, laasgenoemde met komplimente van die Kenia Lugdiens.

Tot soveel as 40% van alle kankers kan deur ’n gesonde, gebalanseerde lewenstyl verhoed word. Dit sluit in die vermyding van alle tabakprodukte, die eet van hoë-vesel en lae-vet kossoorte, die drink van baie vars water, gereelde oefening en waaksaamheid teen oorgewig.

Navorsing het bewys dat as jy daagliks vyf porsies vrugte en groente eet, jou risiko op kanker en baie ander lewenstylverwante siektes, verminder.

In samewerking met die Shoprite Checkers kettingwinkelgroep het Kansa ’n inligtingsblaadjie opgestel met wenke oor gesonde eet-, kook- en drinkgewoontes met die doel om die kans vir die opdoen van kanker te verlaag.

Navrae by Alta Falck by 023-342-7058 of e-pos afalck@cansa.org.za of Barbara Williams by 021-873-6358.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za