Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rugby-flitse

Rugby-flitse
 
2009-07-16


) JACOBS BLINK VIR EVERGREENS

FALSTAN EVERGREENS het Saterdag vir Good Hopes (Riebeeck-Wes) met 12-3 geklop. Die rustydtelling was 12-3.

Samuel Andries (skrumskakel) en André Andreas (kaptein) het drieë gedruk. Neil Julies (losskakel) het een drie verdoel. Dean Jacobs (heelagter) was die speler van die wedstryd. Evergreens II (19-0) en Evergreens III (10-7) het gewen. Evergreens speel Saterdag tuis teen Temperance van Gouda.

) STONES VERRAS VULTURES

UNITED STONES het Saterdag vir Black Vultures (Mbekweni) 22-8 geklop. Stones se driedrukkers was Daniel van Rooyen, Eldon Bruintjies, Jeremy Mentoor en Marlon Samuels. Clinton Herbert het geslaag met ’n doelskop. Nico Baron was die speler van die wedstryd. Stones B het 44-0 gewen. Stones speel Saterdag teen Young Eagles.

) ALBIONS VAL TEEN LANGUNYA

IN ’n wegwedstryd het Albions Saterdag met 23-30 (rustyd 20-8) vasgeval teen Langunya. Albions se driedrukkers was Curtley Davids en Evan Prins (speler vd wedstryd). Albions II (3-12) en III (5-7) het vasgeval. Albions speel Saterdag teen Macassar op Faurestraat.

) STARS TROEF WEMMERSHOEK

IN die Boland Rugby-unie, het Young Stars vir Wemmershoek 28-14 geklop. Stars se driedrukkers was Marcellino Jacobs en Christopher Johannes (2 drieë, 1 doelskop). Christopher Jacobs het ’n drie verdoel en Morritan Fortuin het ’n skepdoel behaal. Stars B het 10-29 verloor.

) NEWTONS WEN TUIS

NEWTONS het Saterdag hul onoorwonne rekord op tuisbodem behou met ’n 23-14 oorwinning oor Samoa (Moorreesburg). Lance Ruthford (plaasvervanger-losskakel), was die groot held. Newtons se driedrukkers was Graham Robertson (stut) en Les Johannes (vleuel). Reginald le Fleur het goed geskop.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za