DIE Frank Pietersen Musieksentrum hou ’n familiedag propvol pret op 25 Julie by die sentrum in Sanddriftstraat waar die Ensembles en musiekgroepe soos SA Panjazz, die sentrum se Big Band en blaasorkeste sal optree deur die loop van die dag.
Terwyl die publiek ’n heerlike ontbyt vanaf 08:00 tot 11:30 kan geniet teen R20 en ’n lekker Steak en Chips middagete teen 12:00 vir R45, sal daar hope vermaak wees vir jonk en oud.
’n Combo-kaartjie vir albei maaltye kan ook gekoop word teen R60. ’n “Big Screen” sal vir die sport opgestel word en bier en ander verversings sal daar te koop wees.
Van 10:00 sal daar vir die kinders ’n springkasteel, speletjies en ’n poppekasvertoning wees.
Jong musikante en sangers van die Paarl sal meeding in die sentrum se eie Frank Pietersen Pop Idols van 14:30. Daar sal verskillende pryse wees, waar die algehele wenner ’n wisseltrofee sal ontvang.
Enigiemand wat lus is om deel te neem - hetsy in laerskool of hoërskool, hetsy 6 of 60 jaar oud, kom skryf in vir net R10. Inskrywingsvorms is beskikbaar by die Frank Pietersen Musieksentrum.
Kontak die sentrum vir navrae (vanaf Maandag 10:00 by 021-872-4671/2123. Die publiek word aangeraai om etekaartjies vooraf te koop.