Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vuurwarm Rose gereed vir Wellington-derby

Vuurwarm Rose gereed vir Wellington-derby
 
2009-07-16


ROSES UNITED het verlede Saterdag sy goeie vorm voortgesit deur Worcester-Villagers oortuigend met 38-12 te verslaan. Die rustydtelling was 14-5 vir die Rose.

Met dié wedstryd wat op Pelikaanpark beslis is, het die Rose gewys dat hulle slaggereed is vir eerskomende Saterdag se derby-kragmeting teen Wellington Rugbyklub.

Die besoekers het die eerste vyftien minute verwoed aangeval en gou met 5-0 voorgeloop, waarna dit die Rose se beurt was om die krane behoorlik oop te draai.

Die Rose se briljante agttal, onder leiding van Franzel September (1 drie), was gans te sterk vir hul teenstanders.

Veral die Rose se lostrio, bestaande uit September, Elrich Erasmus en Ignatius Korabie, het hulle Saterdag weer deeglik laat geld. Goodman Moses en Shane Jacobs (albei slotte) het Saterdag ook puik vertoon. Hulle is beloon met ’n drie elk.

Die Rose se voorry (Harold Stewardt, Lourens Oberholzer en Jacobus de Waal) is ook besig om vinnig naam te maak in die Premierliga met hul genadelose skrumwerk.

Agterlangs het die Rose ook gesorg vir vuurwerke, met Alvin Hugo (vleuel, 2 drieë), Christopher Adams, Stefanus Cedras (4 doelskoppe) en Jonathan Schalkwyk, die groot uitblinkers. Lindile Skota het die Rose se ander drie gedruk.

Die Rose se tweede span (12-3), asook die derdes (15-8), het geseëvier.

Die Rose speel Saterdag teen Wellington Rugbyklub op Pelikaanpark. Hekke open om 12:30 (hoofwedstryd 16:00).




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za