Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Geen keer aan Paarl op tuisveld

Geen keer aan Paarl op tuisveld
 
2009-07-16


OP ’n koue en nat Faurestraat-stadion het Paarl Rugbyklub verlede Vrydagaand vir Hamlets met 18-10 getroef.

Paarl se sterk voorspelers het oudergewoonte die grondslag vir ’n oorwinning gelê, maar agterlangs was ’n ander storie met Paarl wat die een hanteerfout na die ander begaan het.

Nét voor rustyd het Paarl se spel egter verbeter en die agsteman, Edwin Conradie, kon ’n drie afrond ná goeie samespel tussen die voor- en agterspelers.

Paarl se tweede drie is laat in die tweede helfte behaal deur Bradley Sias. Jacques Hendricks (losskakel) het twee strafdoele en ’n vervyfskop bygedra.

Paarl se kaptein, Andre-Louis de Villiers (slot), is as die speler van die wedstryd aangewys.

Paarl II het 22-3 gewen. Paarl III het 19-3 gewen en vir Hamlets as die voorlopers verbygesteek.

Paarl se o.20’s speel Saterdag op die Dal teen Peoples se o.20’s.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za