Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rekord-reënval tref

Rekord-reënval tref
 
2009-07-16

Sieb Sieberhagen

ALHOEWEL daar nie enige lewensverlies was tydens verlede naweek se stortreën nie, het baie inwoners benoude oomblikke beleef toe reënwater huise oorstroom en strukturele skade aangerig is.

In die Paarl is daar oor die naweek 107,5 mm aangeteken, terwyl Wellington se syfers raak-raak aan 100mm.

Die meeste van die reën het Sondag voorgekom met neerslae van meer as 70mm in ’n baie kort tydjie. Dit word allerweë as rekordneerslae beskou.

Daar was probleme in Cliftstraat, Suider-Paarl, toe die water deur woonstelle gevloei het, maar die probleem is vinnig opgelos.

Die brandweer het in Mbekweni en veral in informele nedersettings sandsakke uitgedeel sodat mense die water uit hulle huise kon hou. Komberse is ook uitgedeel aan diegene wie se besittings deurdrenk was met water.

Oral, van Klapmuts tot in Wellington, het strate oorstroom en het die stormwaterstelsel geswig onder die geweldige waterstroom.

Inwoners is van mening dat die vol Bergrivier die stormwaterstelsel geblokkeer het en dat dit bygedra het daartoe dat strate in riviere verander het.

In Klapmuts het een plaasdam aan die westekant van die dorp sy walle oorstroom en dit het veroorsaak dat huise beskadig is en dat die grondstrate diep dongas gekry het. Party van die strate moes ook gesluit word en baie motoriste was gestrand.

Die Stellenbosch Munisipaliteit moes Maandagoggend ook dringend slote grawe om die water daar van die huise weg te keer.

Inspekteur Francois Ross van Klapmuts Polisie sê dat hulle in ’n stadium baie bekommerd was oor die plaasdam by Arra Vine­yards. Die dam was baie vol en dit is reg suid van Klapmuts se informele nedersetting, Mandela City, geleë.

Die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit het ook Sondagaand die R45 by die treinbrug tussen Paarl en Simondium gesluit. Mense kon wel op eie risiko die pad gebruik.

“Die water het hier opgedam omdat die Vanwyksrivier daar naby se walle oorstroom het,” het ’n woordvoerder gesê.

In Wellington is ’n persoon deur ’n polisiehelikopter van ’n eiland gered. Werkers van Dawidskraal het die man opgemerk wat vermoedelik in die bosse geslaap het en toe deur die massas water verras is.

Die Leeurivier in Wellington het ook sy walle oorstroom en dele van Berg-en-Dal oorstroom (sien bl 16).

* Record rainfall of 107mm was measured in the Paarl area over the weekend.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za