Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Was dié gemors nou regtig nodig?

Was dié gemors nou regtig nodig?
 
2005-08-18


EK het simpatie met stakers. My rede?

Hoe raak ‘n besigheid bankrot en die direkteure stap elkeen met ‘n paar miljoen rand weg?

Watter gesindheid het ‘n besigheid wat goedkoop koring invoer, die broodprys bly dieselfde en die boere kan nie ‘n bestaan maak nie!

Professionele mense lewer aan jou ‘n onontbeerlike diens teen ‘n belaglike tarief van R600, R1000 en baie meer per uur.

Die uitvoersmous kom met baie mooi woorde jou vrugte haal. Na maande kry jy die boodskap: geen uitbetalings. Die meneer se lewenswyse het intussen drasties verbeter.

Ek moet ‘n onderdeel vervang. Die een kwotasie is R800 en die volgende een is R100.

Die persoon wat met ‘n ander persoon se geld werk moet ‘n groot verantwoordelikheid kan openbaar. Dit geld veral vir ons stadsvaders.

Daarom terug na die stakers. Kan u die dorp vir ons weer skoonmaak?

Nie met belastingbetalers se geld, maar met u eie in u eie tyd?

Miskien het ek na die operasie vir u meer respek.

Gawie Malherbe



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za