Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paulse skitter vir Standards

Paulse skitter vir Standards
 
2009-07-16


IN ’n aanskoulike wedstryd Saterdag tussen die voorlopers in die Paarl Streekkompetisie, Young Standards en Riverstones, was die vernaamste verskil tussen díe twee spanne die bobaasspel wat gelewer is deur Standards se jong losskakel, Charlin Paulse.

Standards het dié naelbytstryd met 19-17 gewen en sodoende die voortou geneem in die liga.

Die skare was getrakteer deur skitterende generaalspel deur die seun van die voormalige Westelike Provinsie agterspeler, Sammy Paulse.

Charlin het ’n volwassenheid geopenbaar in die posisie wat in menige rugbyspan gesien word as die spilpunt waarom alles draai. Op die aanval, sowel as op die verdediging, het Charlin menige male die toeskouers op hulle voete gehad.

Sy skopskoen was beslis vir dié wedstryd gepolitoer toe Charlin reeds in die vyfde minuut van die wedstryd ’n allemintige strafdoel van meer as 50 meter oorgeklits het.

Hoër louere is beslis vir Charlin bestem as hy kan voortbou op dié vertoning.

Die eindtelling van 19-17 in Standards se guns vlei Riverstones ietwat, aangesien eersgenoemde bykans die hele wedstryd gerieflik voor was met 19-5.

Stones verdien egter krediet vir die manier waarop hulle teruggeveg het.

Charlin was verantwoordelik vir 14 van sy span se punte, met vier strafdoele en een doelskop.

Vir die wenspan se enigste drie, moes hulle weereens staatmaak op die blitsige Gaveron Sherman - nog ’n jong speler wat besig is om ’n groot faktor te raak.

In die laaste vesting was die ervaring van Marco Martin, nóg ’n nuwe aanwins vir Standards, ook goud werd op heelagter. Martin het telkemale gesorg vir opwinding as hy ingesny het in die agterlyn.

Ná afloop van die wedstryd het Sammy Paulse, wie se rugbywortels ironies-genoeg by Riverstones is, gesê dat “enige jong speler moet speel waar hy gelukkig is.”

“Goeie afrigting en die nodige blootstelling is belangrik en op die huidige oomblik is Standards die klub wat vir Charlin dit kan bied.”

Riverstones se drieë is gedruk deur Morne Hefca, Chris Mouwers en Uylin Claassen.

Standards speel eerskomende Saterdag teen Allandale op die Daljosafat-stadion. Riverstones speel weg teen Windmeul United. Die bus vertrek 12:00 uit Chicago (prys R15).




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za