DIE bekende sanger Gian Groen tree Vrydag 17 Julie om 20:00 by die Ou Meul-teater in die Paarl op.
Gian is die liedjieskrywer van die Gian Groen Band en het sy loopbaan te danke aan die eertydse rockgroep, Spinnekop.
Ongeveer nege jaar gelede het Spinnekop afgeskop met treffers soos Tiger en Louise en Binneland In.
Daarna het Gian albums die lig laat sien soos Groen Kitaar, Met die Maan Gepla, Lied van die Engele en die onlangse Welkom in Somersburg.
Dit is veral met bekende treffers soos Vier Seisoene Kind dat Gian hom as een van die varsste stemme en beste liriekskrywers in Afrikaans gevestig het.
Hy word geïnspireer deur die skryfwerk van onder andere Anton Goosen, en die folk-musiek van Ben Harper.
Kaartjies is R80 en besprekings kan gedoen word by Vicky Stemmet by 083-564-0056 of vstemmet@gmail.com.