OM sy eerste 30 jaar in die teater te vier, bied Eric Nobbs met trots weer sy skreeusnaakse vertolking van CJ Langenhoven se klassieke teks, Doppers en Filistyne, op 16 en 17 Julie om 20:00 aan by die Breytenbach-sentrum.
Dié komedie handel onder andere ou Stoffel Gieljam (sagmoedige Neelsie se “neef”) wat sy rustige lewe op die plaas moet verruil vir die sonde en ergernis van ’n dorpslewe. Dit alles om sy vrou, Soetlief, wat agter die modes en die hoë lewe aan is, gelukkig te hou.
Nobbs slaag uitstekend daarin om die lagspiere te prikkel in sy unieke voordrag van die tradisionele Afrikaanse humor en het al wyd lof ontvang vir sy vertolking.
Doppers en Filistyne is baie na aan Nobbs se hart, aangesien dit sy heel eerste solovertoning is.
Kaartjies is R70 en kan bespreek word by 072-115-2913 of by 021-873-2786 of jy kan ’n e-pos stuur na teater@breytenbach
sentrum.co.za.
Besoek www.brey
tenbachsentrum.co. za vir meer inligting.