Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hoederdiewe baljaar

Hoederdiewe baljaar
 
2009-07-16

Sieb Sieberhagen

PRODUKSIE by die Eikenhof hoenderplaas by BonaVista net buite Klapmuts word erg in die wiele gery vandat hoenderdiewe sedert verlede November die plaas teiken.

Die probleem het so groot geword dat duisende rande spandeer word om die probleem hok te slaan, sê ’n woordvoerder van die plaas.

“Verliese is een ding, maar die groot probleem is die siektes wat deur die diewe ingebring word. In die produksiesyfers wys dit duidelik dat wanneer daar diefstalle was, die produksiesyfers erg afneem.

“Die hoenders val eenvoudig net om en dan moet ons duisende rande spandeer om die hoenders weer siektevry te kry. Ons het ook al ’n klomp geld spandeer om die elektriese heinings te herstel.

“En dit is altyd dieselfde diewe wat vasgetrek word. Party word selfs in Klapmuts gearresteer terwyl hulle van die hoenders verkoop. Een van die gereelde inbrekers, “Koffie”, is al verskeie kere vasgetrek, sê hy.

Konstabel Naiemah Vaughan, kommunikasiebeampte van Klapmuts Polisie, sê dat daar die afgelope ruk verskeie arrestasies by Eikenhof plaasgevind het.

Bennie Swarts, alias “Koffie”, het egter onlangs vryborg gekry nadat hy in hegtenis geneem is. In die tyd voor sy hofverskyning is hy weer in hegtenis geneem vir presies dieselfde misdaad.

Die ander vermeende hoenderdiewe wat weer in die hof moet verskyn, is Andries Tobie, Hendry Boesak en Susan Jacobs.

* A chicken farm outside Klapmuts has been targeted by thieves who in one night slashed 400 chickens to death. The suspects have been let out on baiil.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za