Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Werkers betaal ná drie weke

Werkers betaal ná drie weke
 
2009-07-23


WERKNEMERS van Slabbert Burger, ’n baie bekende vervoermaatskappy op Wellington, wat aan die einde van Junie nie hulle salarisse ontvang het nie, het hierdie week ’n sug van verligting geslaak toe hulle salarisse wel inbetaal is.

Die toekoms van dié maatskappy is steeds duister, maar werkers kan gelukkig nou weer hulle maandelikse finansiële verpligtinge nakom.

Die Paarl Post het reeds drie weke gelede talle noodoproepe ontvang van bekommerde werknemers van dié onderneming nadat hul salarisse nie betaal is nie.

“Ons het huur, elektrisiteit en skoolgeld wat betaal moet word, om nie eens te praat van om kos op die tafel sit nie.”

Nie-amptelik het ’n werkgewer bevestig dat almal wel betaal is. Die detail oor waar die geld vandaan kom en of hulle wiele sal voortrol, kon nie bevestig word nie.

Volgens een werker is hulle woedend, omdat van die werknemers se motors deur die finansiers teruggeneem is.

“Slabbert Burger het nie vir ons briewe gegee om vir ons skuldeisers te gee, soos belowe nie.

“Van die vragmotorbestuurders was gestrand ver van die huis en moes ryloop - daar was geen geld om by die huis te kom nie!”

Slabbert Burger se nood kom al ’n geruime tyd aan, met die petroleumreus Chevron wat onlangs ’n likwidasie-aansoek teen hulle gebring het in die Kaapse Hooggeregshof.

Volgens hofstukke skuld Slabbert Burger vir Chevron bykans R25 miljoen vir diesel. Daar word gehoop om buite die hof te skik.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za