Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gans en kroos kry hulp

Gans en kroos kry hulp
 
2009-07-23

Sieb Sieberhagen

VIR 30 minute verlede Woensdag moes motoriste in die Paarl geduldig toekyk hoe ’n Egiptiese gans en haar kroos van sewe van Hoofstraat tot by die Bergrivier begelei word deur behulpsame inwoners en amptenare van Cape Nature.

Gelukkig het dit ’n halfuur ná die begin van die Bergrivier marathon gebeur, anders sou die oponthoud veel groter gewees het.

“Die ganse het by die Ou Mutual-gebou naby die stadsaal uitgebroei en toe moes ons behoorlik bontstaan om hulle by die water te kry.

“Ma-ganse is ook glad nie vriendelik wanneer daar met die kleintjies gelol word nie,” vertel Elaine Williams, veldwag van Cape Nature, wat die reddingspoging meegemaak het.

“Die reddingspoging het so 10:00 plaasgevind en ongeveer 30 minute geduur. Ons het sommer baie hulp gehad. Die dames van die Houtstraat kunsgalery was regte staatmakers.

“Ons het hulle by La Rochelle, en verby die munisipale kantore gehelp tot by die Bergrivier Boulevard.

“Daar het verkeersbeamptes die verkeer halt geroep terwyl ma-gans en haar kroos oor die straat gehelp is. Pa-gans het darem ook ’n paar keer kom kyk wat aan die gang was.

“Groot was die verligting toe ons die water uiteindelik bereik het,” sê sy.

* Egyptian geese held up traffic on their way to the Berg River with their chicks.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za