Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kingfin kry opdraand

Kingfin kry opdraand
 
2009-07-23


NADAT die Wellingtonse firma King Finance deur die Raad op Finansiële Dienste (RFD) ondersoek is, is 'n aansoek om die voorlopige likwidasie van dié eiendomsfinansieringsmaatskappy in die Kaapse Hooggeregshof toegestaan.
Die aansoek is gebring deur ses beleggers en is gesteun deur die RFD.
Die ondersoek het begin by Kingfin se makelaars-afdeling A&S/King Makelaars wat beleggings in Kingfin bemark.

Hierdie rekening is deur Nedbank gevries om beleggers se belange te beskerm.

Kingfin is swaar getref deur die insinking in die eiendomsmark asook die onvermoë van huurders om die huur te betaal in hul winkelsentrums, en het gevolglik probleme om beleggers te vergoed.

Daar is gehoop om nuwe finansiering te bekom sodat voortgegaan kan word met eiendomsontwikkeling, maar nou het die RFD hul verslag na die Nasionale Vervolgingsgesag verwys.

Skuld van sowat R200 miljoen is tans uitstaande aan banke en bouers. Honderde beleggers kan groot skade ly omdat hulle nie net hul rente-inkomste nie, maar ook hul kapitaal kan verloor.


More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za