Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bergriver gee Wellington pak

Bergriver gee Wellington pak
 
2005-03-17


DIE eerste span van Bergrivier Krieketklub het verlede Donderdag die spanpraatjie van hul voorsitter ter harte geneem en Saterdag oortuigend met Wellington Krieketklub afgereken.

Bergrivier was op die Pen Basson-veld in Wellington baas met ’n sege van sewe paaltjies.

Die fondasie vir die besoekers se sukses is in die veld en deur goeie boulwerk gelê.

Slegs drie ekstra lopies is afgestaan terwyl nege goeie vangkanse benut is.

Wellington kon slegs 184 aanteken met Warren Groenewald (37) en Godfrey Stevens (34) aan die spits.

Ashwill de Vries (3/47 in 15bb) en Ryan Mouton (2/14 in 6bb) was Bergrivier se beste boulers.

Bergrivier se kolfbeurt begin wankelrig, met die telling op ’n stadium 34/3. Die twee strydrosse, Marquin Julies (83nun) en Waylon Libbie (64nun) het egter die beurt gestabiliseer en hulle moker die wenlopies in die 51ste beurt.

Hencko Bornman (1/43) en Craig Meyer (1/30) het moedige probeer vir Wellington.

Op Weltevrede het Bergrivier II (145/4) en Maties II (349) se wedstryd onbeslis geëindig.

Ethan Pietersen (2/83), Heinrich Albertus (47) en Morné Albanie (38) was Bergrivier se uitblinkers.

Saterdag speel Bergrivier I tuis teen Oostelikes en Maandag weg teen Vredenburg/Saldanha. Die tweede span speel weg teen Paarl en Maandag weer weg teen Brackenfell.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za