Shiraz-wyne ding mee
2009-07-23
DIT is vanjaar die 13de jaar dat die Santam Paarl Vintners Shiraz Challenge aangebied word. Hierdie week het gesoute wynkenners die 30 Shiraz-inskrywings by Nederburg beoordeel. Die Chenin Blanc Challenge, wat net ’n paar jaar bestaan, het nege inskrywings opgelewer. Die gesogte trofee van brons en graniet vir die Shiraz wenner sal op 28 Augustus by ’n spesiale toekenningsaand by Rhebokskloof oorhandig word. Verlede jaar se wenner was Seidelberg. Die top drie wenners van die Chenin Blanc kompetisie ontvang elk ’n sertifikaat van vlekvrye staal. Verlede jaar het Windmeul kelder met dié louere weggestap.
More
News
|