DIT is eienaardig dat ’n klein woordjie van dank aan die stadsvaders deur mnr Oswald Benjamin soveel onmin kan veroorsaak dat me Yolanda Solomons daaroor reageer.
Ek meen dat politieke sowel as geestelike leiers die reg het om vertoë te lewer tot die stadsvaders en vir hulle leiding te gee oor die behoeftes van die gemeenskap.
Ons moet nie in kompetisie met mekaar wees nie, maar mekaar ondersteun.
Eerw William Ross, Wellington