Praatjie oor mosaïek- en keramiekwerk
2009-07-23
DIE Drakenstein Kunsvereniging kom vanaand om 19:00 by die Breytenbach-sentrum in Wellington bymekaar. Desireé Malan, mosaïekkunstenares van Wellington, het so pas teruggekeer van ’n besoek aan Spanje waar sy op die pad van die beroemde argitek, Antoni Gaudi, gestap het. Sy gaan by dié geleentheid gesels oor die gebruik van mosaïek en keramiek in Gaudi se geboue en die praatjie sal toegelig word met ’n skyfievertoning. Almal is welkom.
More
News
|