Baanbrekers
2009-07-23
EK verwys na die artikel in Paarl Post van 25 Junie getitel “Wellingtoners was Baanbrekers”. Die teks het verkeerdelik die indruk gelaat dat mevv Malan en Crouse nie professionele musiekopleiding gehad het nie. Eintlik het ek het verwys na die Wellington Drietal - Imker Hoogenhout, Hennie Crouse en Francois Malan wat met hul uitsonderlike talent die eerste Boeremusiekkompetisie gewen het in 1946. Francois Malan het wel klavieronderrig ontvang tot matriek. Ek vra verskoning aan mnr Malan vir foutiewe beriggewing in hierdie verband. Hester de Kock.
More
News
|