Kom op Vlug by Ou Meul
2009-07-23
VERGEET vir net minder as ’n uur lank van al die onbenullighede van die lewe en laat toe dat Kabous Verwoed en Dawie de Jager jou saam met hulle op reis neem na ’n ander wêreld met hul produksie Reiswoorde: Kom op Vlug Saterdag om 20:00 by die Ou Meul-teater. De Jager het nie werklik bekendstelling nodig nie, hy is een van die stigterslede van die Afrikaanse supergroep Klopjag en het so al die hele land deur getoer. Verwoed is ’n dromer en ’n digter. Sy CD (Beenkamers en Gange) is einde 2007 vrygestel en hoewel dit nie eintlik enige rimpels onder die publiek gemaak het nie, was die kritici gaande daaroor. Hulle deel die verhoog met die Paarl se eie Hanru (Die Medley) Niemand en natuurlik open hulle getroue vriend en vertroueling, Niel van Deventer, die aand vir hulle. Met Reiswoorde ontmoet Verwoed se gedigte en De Jager se gedugte kitaar mekaar halfpad. Kaartjies is R60 en kan bespreek word by Vicky Stemmet by 083-564-0056 of by vstem met@gmail.com.
More
News
|